ROLANDA MARAIS as NINA.jpg
 
die-seemeeu-title-marche-media.png
 

A FILM BY CHRISTIAAN OLWAGEN  |  BASED ON THE PLAY BY ANTON CHEKHOV

Christiaan Olwagen (Johnny is nie Dood nie, Kanarie) adapts Anton Chekhov's classic play, The Seagull, to film, and places it in South Africa in the 1990’s, almost one hundred years after it was written. Performed in Afrikaans, with English subtitles, the characters are easily recognised, yet appear as if they were written for this new setting.

Each of Chekhov's skillfully drawn characters – the vain and self-absorbed theatre diva Irene (Sandra Prinsloo); her ailing and ageing brother Piet (Marius Weyers); the self-doubting, insecure, lovelorn playwright and neglected son Konstant (Albert Pretorius); the naïve, ingenue Nina (Rolanda Marais); the gloomy, alcoholic, dope smoking Masha (Cintaine Schutte); the cheerful philosopher and witness to the drama Dr Eugene (Gerben Kamper); the brash farm manager Elias (Deon Lotz); his long suffering wife Paulina (Martelize Kolver); the puppy dog, poverty-stricken teacher Simon (Geon Nel); and the famous writer Boors (Alyzzander Fourie) – grapple with inner fears, longings, doubts, regrets, recriminations and miseries. All of them, of course, of their own making.

Christiaan Olwagen (Johnny is nie dood nie, Kanarie) neem die klassieke teaterstuk, The Seagull, deur Anton Tsjechof, en verplaas dit na Suid-Afrika in die 1990’s, bykans 100 jaar nadat dit geskryf is. Wat merkwaardig is, is dat die karakters uiters gemaklik in hierdie nuwe tydgleuf en omgewing bestaan, amper asof hulle geskryf is met die moontlikheid van só ‘n verplasing in gedagte.

Elkeen van Tsjechof se volronde karakters wroeg met hulle eie vrese, verlange, twyfel en frustrasies, wat natuurlik as gevolg van hulle eie toedoen is. Ons ontmoet die teaterdiva Irene (Sandra Prinsloo), wie sukkel om gewoond te raak aan streeksrade wat nie meer bestaan nie en kunstefeeste wat haar loopbaan se voorland is; haar sieklike ouer broer, Piet (Marius Weyers), wat wens hy het meer kanse gevat in sy lewe; die onsekere, verlore en vergete seun Konstant (Albert Pretorius) wie net sy ma se aandag en goedkeuring soek; die naïwe aspirerende aktrise Nina (Rolanda Marais) wie wil wegkom uit die kloue van haar ouers en die klein dorpie waar sy woon, en dan nie weet wat om te doen wanneer sy die geleentheid kry nie; die immer-teneergedrukte Masha (Cintaine Schutte) wie ‘n liefdesdriehoek moet handhaaf; die opgewekte filosoof Dr Eugene (Gerben Kamper) wie alles van ‘n afstand waarneem; die onafgewerkte plaasbestuurder Elias (Deon Lotz); sy onderdanige vrou Paulina (Martelize Kolver); die armoedige onderwyser Simon (Geon Nel); en die bekende skrywer Boors (Alyzzander Fourie). Elkeen van die karakters dra by tot die gevoel van gevangenheid wat die vakansie op die familieplaas onder ‘n vergrootglas bring.


Genre DRAMA
Running Time 127 MIN
Language AFRIKAANS
Subtitles ENGLISH

Directed by CHRISTIAAN OLWAGEN

Starring SANDRA PRINSLOO, MARIUS WEYERS, ALBERT PRETORIUS, ROLANDA MARAIS, DEON LOTZ, MARTELIZE KOLVER, CINTAINE SCHUTTE, GERBEN KAMPER, GEON NEL, ALYZZANDER FOURIE

NEXT SCREENING

Seemeeu-Cinema-Lineup.jpg

Follow @DieSeemeeuFilm for the latest news:

FACEBOOK  |  INSTAGRAM